Sunday, 17 May 2015

The Cross section of the Human eye / Die dwarssnit van die menslike oog



Graad 12  “Heuristiese” praktiese les om die menslike oog  se bou en verskillende streke te bestudeer

Onderwerp:  Reaksie op die omgewing: mens
Inhoud:         Reseptore
                    Menslike oog
                  

The ForeverBiologist



LESPLAN
1.    Lestema:
Reaksies op die omgewing:  menslike oog – Struktuur, streke en belangrike dele
2.    Formuleer die lesdielwitte duidelik
Aan die einde van die les moet die leerders in staat wees om:
Die oog as ‘n orgaan te herken
Uitwendige bou van die oog te benoem
Soiere waarmee die oog beheer en in posisie gehou word te benoem
Inwendige bou van die oog te benoem
Die funksies van die inwendige dele van die oog te beskryf
3.    SPESIFIEKE DOELWITTE
3.2
Wetenskaplike Ondersoeke van Lewenswetenskaplike verskynsels (die PSIGO-MOTORIESE of VAARDIGHEIDS domein)
3.2.1 Gaan ‘n Wetenskaplike ondersoek (praktiese werk) tydens die lesse gedoen word?  Indien wel, beskryf kortliks
Ja, die inwendige en uitwendige bou van die
oog gaan bestudeer word deur gebruik te
maak van ‘n bees oog.  Die leerders gaan in
groepe van4 – 5 die oog dissekteer en
individueel die werkkaart invul.
3.2.2 Indien prakties werk gedoen word, beantwoord die volgende vraag:  Noem en beskryf kortliks 5 prosesvaardighede wat die leerders tydens die praktiese werk gaan bemeester
Veiligheid
Voorbereiding van oog en skoonmaak
Dissektering
Klassifiserinf en identifisering
Studie vaardighede








Werkkaart: Oog prakties
Hierdie praktiese werkkaart sal voltooi word oor 2 periodes
Periode 1: Lesinleiding, agtergrondkennis en veiligheidsmaatreëls
Periode 2: Veiligheid, Prakties en Assesering
LES 1
Konteksskepping en inleiding
Die oog huisves die fotoreseptore wat ligsensitief is.  Die oog is voorsien van ‘n optiese senuwee wat ongeveer 2.5 cm in deursnit is.  Alhoewel die oë struktureel apart is, werk hulle saam.  Dit is moontlik om met net een oog te sien, maar twee oë stel jou instaat driedemensioneel te sien en gevolglik om spoed en afstand te kan skat.

Ligging
Die oog is geleë in ‘n harde benige oogkas in die skedel. 
1.    Wat is die funksie van die oogkas en hoe word hierdie funksie uitgevoer?               (2)
______________________________________________________________________________________________________________________________________
2.    Gebruik 'n sirkel en teken die oog se strukture aan die buitekant van die oog, en benoem dit as volg:                                                                                                                            (16)
Gebruik die volgende byskrifte: wenkbrou, traanklier, oogwimper, traankliertjies, traansak, opening van traankanaal, kliertjies van Meibom, neustraankanaal



 







3.    Tabuleer die bou en funksie van die volgende ooggedeeltes: oogwimper, ooglede, wenkbroue, traanvog, kliere van meibom, konjuktiva.                                  (12)









Elke oogbal word deur ses oogspiere beweeg.  Dit is vasgeheg aan die sklera en beweeg die oogballe in verskillende rigtings.  Die spiere van albei oë werk saam sodat altwee oë in dieselfde rigting draai.
·         Indien daar na ver voorwerpe gekyk word, sal die oogballe parallel aan mekaar gedraai word.
·         Indien na ver voorwerpe gekyk word, sal die oogballe na mekaar toe draai omdat die uitwendige spiere saamtrek

4.    Verskaf die funksie vir elk van die volgende:                                                             (6)
a.    Boonste reguitspier:______________________________________________
b.    Onderste reguitspier:_____________________________________________
c.    Uitwendige reguitspier:___________________________________________
d.    Inwendige reguitspier:____________________________________________
e.    Boonste skuinsspier:_____________________________________________
f.     Onderste skuinsspier:____________________________________________

5.  Teken en benoem  die verskillende oogspiere                                                                                                                                                                                                                       (6)

Inwendige bou van die oog
Die oog bestaan in hooftrekke uit 3 kenmerkende lae
6.     Teken 'n vloeidiagram.                                                                                            (12)     
·         In die linker blokkie: waaruit bedtaan die laag
·         In die regterkant: spesifieke kenmerk
LES 2 – disseksie van die oog
Werk in groepe van 4 of 5 vir die disseksie, werkkaarte word individueel voltooi.
Besonderhede:
·         Een beesoog per groep (verkieslik een met vet en spiere aan)
·         Ontleedmessie
·         Skerp ontleedskêrtjie
·         Ontleedplank
·         Gekleurde kopspelde
·         Papierhanddoek

OPDRAG 1 UITWENDIGE BOU VAN DIE OOG
Plaas die oog op die diiekteerbord.  Ondersoek die uitwendige bou van die oog en antwoord die volgende vrae op ‘n portfolio bladsy:

Soek die aanhegtingspunt van die oogspiere
1.    Hoeveel oogspiere kan jy waarneem
2.    Hoeveel oogspiere het die mens
3.    Watter verskil maak dit tussen die beweeglikheid van die oog van die mens en die oog van die bees
4.    Aan watter deel van die oog is die spiere vasgeheg

Bestudeer die vet wat om die oog voorkom
1.    Was daar enige vet rondom die oog teenwoordig
2.    Wat is die funksie van die vet om die oog teenwoordig

Vind die volgende en dui dit met ‘n speldjie aan.  Skryf die kleur neer asook die funksie van elk van die volgende:
1.    Sklera
2.    Kornea
3.    Iris
4.    Pupil

Maak ‘n lewensgrootte skets van die syaansig van die oog om die uitwendige bou  aan te toon.  Benoem die volgende:
1.    Sklera
2.    Kornea
3.    Konjunktiva
4.    Oogspiere
5.    Vetweefsel
6.    Optiese senuwee

OPDRAG 2
INWENDIGE BOU VAN DIE OOG
1.    Verwyder die kornea
Maak die eerste snit tussen die sklera en die kornea.  Sny tot die waterige vloeistof vrygestel word.  Roteer die oog en sny al langs die kornea.  Wees versigtig om nie te diep te sny nie, want jy kan die lens raak sny.  Sodra ‘n deel van die kornea los gesny is, hou die kornea in die middel vas en sny dit rondom los mbv ‘n skêrtjie.

Het jy geweet?
Die kornea is 80% verantwoordelik om lig te fokus, terwyl die lens maar slegs vir 20% verantwoordelik is.
            As die kornea verwyder is, plaaas dit eenkant op die ontleedbank.

2.    Verwyder die iris
Plaas jou vinger in die middel van die oog en vind die iris en trek dit terug.  Die iris behoort maklik in een stuk verwyder te kan word.  Let op na die kring- en radiaalspiere.
a.    Wat is die doel van die iris
b.    Wat word die vermoë wat die iris besit om die pupil te vergroot en verklein, genoem

3.    Verwyder nou die lens
·   Om die lens te verwyder kan baie moeiliker wees omdat dit nog met die glasagtige vog verbind is
·         Maak klein snitte in die rondte in die sklera.  Wees versigtig om nie die lens raak te sny nie.
·         As daar genoeg snitte in die sklera gemaak is, sal die lens maklik verwyder kan word.  Soms sal die glasagtige vloeistof saam verwyder word.
·         Hou die lens op en kyk daardeur na ‘n stukkie korantpapier.

a.    Wat gebeur met die skrif
b.    Teken ‘n lewensgrootte skets van die lens wat sy vorm en grootte weergee.

4.    Verwyder al die glasagtige vloeistof
a.    Beskryf die voorkoms van die vloeistof

5.    Dop die oog nou om en bestudeer die inwendig kant van die oog
Die dun lagie weefsel aan die agterkant van die oog is die retina
Die blou-groen gedeelte is die tapetum.  Die tapetum is helder gekleurde weerkaatsende stof wat agter die retina geleë is en word gevind in diere wat ‘n goeie nagvisie het.  Dit reflekteer die lig ‘n 2e keer terug na die retina.

6.    Vind die geelvlek en die fovea centralis wat in die retina voorkom
7.    Vind die blindevlek.  Dit is waar die oogsenuweë die oog verlaat.  Let op die afwesigheid van lae van die retina in die gedeelte, daarom vertoon dit as ‘n holtetjie.

8.    Neem ‘n foto van jou disseksie en plak dit in jou boek.