Sunday 17 May 2015


Graad 12  Huiswerk werkkaart om die menslike brein se bou en funksies te bestudeer

Onderwerp:  Reaksie op die omgewing: mens
Inhoud:         Menslike senuweestelsel
                        Reaksie op stimuli in hul omgewing
                        Sentrale senuweestelsel
                        Brein

The ForeverBiologist

















1. Lestema:

2. Formuleer die
Lesdoelwitte duidelik
Aan die einde van die les moet die leerders in staat wees om:
                                                                                                            

3. SPESIFIEKE DOELWITE
3.1

Konstruksie en Toepassing van Lewenswetenskappe Kennis (Die
KOGNITIEWE of KENNIS domein)

Beskryf kortliks die feite, konsepte en of
toepassings wat tydens
die les behandel sal word.


5. Refleksie voor aksie:
5.1 Identifiseer enige Algemene Miskonsepsies en/of foute wat leerders gewoonlik kan
maak wanneer hulle hierdie onderwerp(pe) moet bemeester.


5.2 Hoe sal jy te werk gaan om hierdie miskonsepsies/foute by leerders uit die weg te
ruim of te voorkom. Noem moontlike voorbeelde wat jy kan gebruik.






Hierdie werkkaart moet vir huiswerk as individuele werk voltooi word in jou skrif.
Graad 12  “Heuristiese” werkkaart om die menslike brein se bou en funksies te bestudeer
Uitkoms
Die doel van hierdie tipe werkkaart is om jou te begelei om self die bou en funksies van die brein te bemeester.
Aan die einde van die werkkaart behoort jy die struktuur van die inwendige en uitwendige bou van die brein te kan benoem, die funksie van die verskillende dele van die berin kan beskryf en dit in verband te kan bring met senuwee impulse en diebelangrikheis daarvan in die alledaagse lewe.
Voorkennis
1.        Noem die twee stelsels in die mens se liggaam wat hom in staat stel om te reageer op die omgewing
2.        Wat verstaan jy onder die volgende terme: senuweekoördinasie, stimulus, reseptor, neurone, reaksie, impuls, sinaps
3.        Noem die drie sub-eenhede waarin die senuweestelsel verdeel kan word en verskaf ook al 3 se funksies
4.        Dui die verskille tussen sensoriese en motoriese neurone in die vorm van ‘n tabel aan
5.        Noem die verskillende posisies waar serebrospinale vloeistof aangetref word asook die funksies daarvan
Konteksskepping
6.        Formuleer jou eie hipotese oor die belangrikheid en funksies van die brein
7.        Formuleer jou eie hipotese oor hoe die brein en die senuweestelsel met mekaar in verbinding tree
Probleemstelling
8.        Jy het nou jou eie hipotese geformuleer oor die belangrikheid van die brein. Met die res van die werkkaart sal jy besef dat verskillende dele van die brein verskillende funksies het. 
Eksposisie van nuwe inhous
9.        Grysstof is die buitenste dun laag van die brein (korteks) en die witstof is die binneste gedeelte van die brein.  Deur gebruik te maak van ‘n tabel, vergelyk die rede vir die kleurverskil asook waaruit dit bestaan.  Dui ook die posisie van die wit- en grysstof op addendum A aan

10.     Die ventrikels is die vier ruimtes wat in die brein voorkom. Dui aan waarmee dit gevul is.
11.     Wat hou die “vloeistof” in beweging
12.     Wat is die doel van die ventrikels in die brein
13.     Benoem die 4 ventrikels en dui die posisie daarvan aan op addendum B

14.     Die brein se oppervlakte vestaan uit voue(girusse) en groewe(sulkusse).  Wat is die funksie hiervan.
15.     Beskryf die groewe van die serebellum en die serebrum.  Doen dit in tabelvorm
Die brein bestaan uit 4 lobbe.  Beantwoord die volgende vrae oor elk van die lobbe (maak gebruik van ‘n tabel indien nodig):
16.     Wat is die naam van die lob
17.     Waar is die lob geleë
18.     Funksies waarvoor die lob verantwoordelik is
19.     Dui die lobbe aan op die skets in addendum C
Die brein het 3 aanhangsels.
20.     Noem en beskryf die 3 aanhangsels
21.     Addendum D, is ‘n skets van die inwendige bou van die brein, benoem die skets volledig
Die serebrum is die grootste gedeelte van die brein.  Dink aan mense wat op motorfietse ry (brum brum), hulle is altud groot.
22.     Waardeur word die serebellum verdeel in 2 hemisfere
23.     Wat is die Corpus callosum en wat is die funksie daarvan
24.     Benoem die 3 funksionele areas wat in die serebrale korteks aangetref word, en beskryf ook hul funksies
Die serebellum is die kleiner deel van die brein.  Dink aan bellum – ‘n meisie dra oorBELLe, en sy is gewoonlik klein
25.     Noem die posisie van die serebellum
26.     Waarvandaan ontvang die serebellu sy inligting
27.     Lys waarvoor die serebellum verantwoordelik is
28.     Voltooi die byskrifte van die serebellum op addendum E

Die verlengde rugmurg staan bekend as die Medulla Oblangata
29.     Lys die funksies van die Medulla Oblangata
30.     Lys die funksies van die spesiale bane in die Medulla Oblangata
Refleksie en toepassing
31.     In vraag 7 het jy jou eie hipotese gegenireer oor hoe die senuweestelsel en die brein met mekaar in verbinding tree.  Lees ‘n maat se hipotese en lewer kommentaar daarop
32.     Die brein is die komplekste orgaan van die menslike liggaam.  Teken ‘n volledige benoemde skets op ‘n A4-bladsy om die volledige bou van die brein aan te dui.
Konsolidering
In tabelvorm, maak ‘n opsomming van die volgende
33.     Tref onderskeid tussen die serebrum en serebellum
34.     Tref onderskeid tussen die grysstof en die witstof
35.     Die 3 hoofdele van die brein se funksies
Konsolideringen sintese
36.     Gebruik ‘n A4-bladsy om die hooffunksies van die verskillende dele van die brein kortliks te beskryf
Toepassing in praktyk
37.     Wat is ‘n beroerte, en waardeur word dit veroorsaak
38.     Bring ‘n beroerte en die funksies van die brein in verband met mekaar


No comments:

Post a Comment